‘n Eeu van chenin in Breedekloof | Netwerk24

Written by Suzaan Potgieter for Netwerk24

 

In die Breedekloof-wynvallei het produsente hul kragte saamgespan on saam om saam hul vlagskip-produk chenin blanc te bevorder.

 

Een wynvallei, 13 kelders en 13 bottels chenin blanc. Die Breedekloof Makers weet hoe om alle eer aan hierdie dryfsoort te gee.

 

Met die vallei wat 16% van die land se chenin blanc-aanplantings huisves en boonop sulke goeie wyne daarmee maak, is dit geen verrassing dat hulle besluit het om chenin hul topproduk te maak nie.

 

 

13 produsente vorm nou deel van die Breedekloof Makers en dit is oop vir enige wynmaker wat uit die boks uit wil dink en iets nuuts met chenin probeer.

 

Al die wyne in die versameling is gehout, maar elkeen verskil dag en nag van mekaar.

 

Olifantsberg Lark Chenin Blanc 2017

‘n Ligte, droe wyn met ‘n vars smaak wat op drinkgenot gefokus is. Smake van kwepers en ‘n bietjie suurlemoen kom na vore in die wyn wat tyd in Franse- en Hongaarse vate bestee het.

 

Continue reading.